top of page
Search

Rather expensive...

Jong, sal so comment op my advertensie my toe nou onkant betrap! Ek weet dis nie ‘n klein bedrag vir hierdie wellies nie… ek verduidelik toe so mooi ek kan dat dit ingevoer is. Ek lys dit nogals punstgewys! Kyk so…

· HANDMADE - BUILT FOR COMFORT

· 12 MONTH WARRANTY

· 100% NATURAL RUBBER

· FLEXIBLE FOOTBED

· UNIQUE SOLE UNIT

· VEGAN FRIENDLY

· WIPE CLEAN

· ADJUSTABLE GUSSET

· 100% WATERPROOF (Obvs'!)

· FULLY TESTED TO 100k STRESS STEPS

Baie trots op my antwoord, net om die volgende comment te kry “no normal boot should cost this much”. Net daar besef ek dis die waarheid! Geen normale boot moet soveel kos nie, maar die punt is dat hierdie nie ‘n normale boot is nie!

Iemand het gevra of hierdie die duurste skoene in my kas is…ek moes erken dat dit nie is nie! Die verskil tussen my wellies en my baie duur leer cowboy boots is dat ek in my wellies kan leef! Ek dra net my leer boots met spesiale geleenthede waar ek weet hulle nie nat of gekrap sal word nie. Verder leef ek regtig in my wellies! Ek dink nie mens kan hulle beskadig nie…

Ek en my man was so rukkie terug in Clarens. As jy die Vrystaat ken, ken jy die vreemde weer! Eers was dit ongelooflik warm, maar omdat die wellies van rubber (100% natural rubber nogals) gemaak is het dit my nie gepla nie. Ons kon stap en verken tussen die berge sonder dat my voete warm kry. Nie lank daarna nie het dit begin reen! Weereens geen problem vir my nie…my voete bly droog! Die sool is ook so ontwerp dat jy nie gly nie! Die aand het ons lekker gaan uiteet. Al wat nodig was om my vuil, modder wellies reg te kry vir die restaurant was ‘n nat lap! Soos elke vrou daarvan hou het ek en my Navy Polka Dot wellies aandag getrek…nie seker of die mense my gesig sal onthou nie, maar gaan beslis nie my bootse vergeet nie!

Die volgende oggend het ek hulle weer aangetrek vir die laaste koffie op die stoep. Pajamas, wellies, koffie en ‘n ongelooflike view… toe maak alles weer sin.



424 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page